By BBD2016 / News

Newsletter Sep 2015

07

November

Newsletter Sep 2015

 

Tamatiestraat Newsletter    September 2015   

Alhoewel die weer in die Kaap nie die Lente  met oorgawe verwelkom het nie, kan die res van die natuur se interne klok nie geflous word nie. Bloeisels is orals te sien, voëls word gehoor van vroeg oggend af en ons tuine loop uit en alles in my gemoed wil “feesvier” en tuinmaak (!!), want die Seisoen van nuwe lewe is hier.

I think I should qualify my previous statement though: I never quite understood my mother’s obsession with gardening. I was of the opinion that there are so many more exciting things to do with your time than to say, water your garden. Then one day, quite unexpectedly, it happened. I was watering my (own!) garden and it “clicked”. I can still not really explain it, but the magic of planting things, seeing it grow, enjoying/harvesting it and spending time in solitude (or nowadays with my little helper!) in your own little paradise is something super satisfying. I still do not consider myself the owner of “green fingers”, but I try something new every year and seem to only learn by making many mistakes!

Om die Lente én die aanloop na die Somer te vier, het Tamatiestraat ‘n paar heerlike planne en splinternuwe resepte. Ons huidige kookklas-tema is “Bygeregte by Braaivleis 2015 – Hoender!” en volgende maand fokus ons op Lam en wat om daarby te bedien. Lees hiervan en meer in die Nuusbrief hieronder en deel gerus met ons op ons Facebook-blad wat julle plant, kook, braai en doen in die mooi dae wat volg!

In dié “Lente” Nuusbrief:

  • Ons kyk terug na die Kookklas temas van die afgelope 3 maande: Tegnieke met Chef Pieter van Leopard’s Leap, Comfort Food, Asian en tussenINbetween
  • Ons “installeer” die Bokashi-sisteem (Laat jou vullis blom!) in die Tamatiestraat kombuis
  • Catering/Spysenierings funksies
    • Aleit se verjaarsdag
    • Algemene oorsig
  • Kookklasse:
    • Klasdatums vir die res van 2015
    • Ekstra KERSFEES-klas! Bespreek gou…
    • Bespreek jou plek vir 2016
  • Uitslag: Botter-proe
  • In die Media
  • Nasionale Braaidag/Erfenisdag: (Gratis!) Resepte vir ‘n paar bygeregte
Lekker lees (& braai!)
Deon & Reinée 

Looking back    June – August 2015   

CHEF PIETER VAN LEOPARD’S LEAP – TEGNIEKE
‘n Fantastiese klas oor Bak, Fermentasie, Basissouse en Ontbeen-tenieke. Pieter is ‘n bron van kennis en ‘n heerlike “kollega in die bedryf”. Voel bevoorreg om saam met hom te kan werk!
COMFORT FOOD (HARTSKOS!) – JUNE 2015
These recipes are known for the emotion it evokes, comfort it brings and often has a story connected to it. We literally ate until we had to lie down…! 🙂

Clockwise from top left: Moist Buttermilk Lemon Cake, Tamatiestraat Mac & Cheese, Bobotie, “Tamatiekos” on Chunky Mash, Leopard’s Leap red wines – a perfect match in front of the fire, Bobotie with sliced bananas, Melkkos with Salted Caramel & Cinnamon Sugar

ASIAN – JULIE 2015
Gado Gado Salad with Peanut Sauce, Chicken Ramen, Fruity Stir-fry, Duck Breast on Umami Roasted Brussel Sprouts and Japanese Cotton Cheesecake. All in one class! It was goooood…
tussen-IN-between – AUGUSTUS 2015
Paar “tussenin resepte” vir die tussenIN weer, tussenIN verskillende “cuisines” en iets binneIN en tussenIN toegedraai. Pret met woorde, smake en lekker mense!

Catering    Aleit’s “around the world” Birthday  

Wanneer Aleit Swanepoel, stigter van die Aleit groep en styl-guru, jou vra om kos te maak vir sy “low key” verjaarsdagpartytjie kan jy maar weet…niks daarvan gaan “low key” wees nie! Van die eerste gesels oor “sommer ‘n paar happies” tot die oproep ‘n paar ure later om te ontmoet oor die “cinemastyl demonstrasie” en 5-gang ete, is elke oomblik ‘n belewenis en ‘n inspirasie om van deel te wees.
The evening was divided into different events and each were accompanied by a specific cuisine. The guests were welcomed with an interactive Cocktail bar where they could learn how to “shake their own juice” and Mexican canapés were served. Guests then moved to the “Cabaret Cigar Bar” where they could perform an item, accompanied by a Japanese Enoki Mushroom Soup. This was followed by a Tamatiestraat demonstration – complete Cinema set-up with head mics (!!) – of our Indian Main course, which was served in the beautifully Delft set-up dining rooms. As dessert the guests enjoyed Aleit’s favourite, “Greek Yogurt with honey and roasted nuts” and MUCH later we sent out American Beef sliders and Rum Milkshakes. So much deliciousness!

What a stylish, fun, exciting and memorable evening…the photo’s below will help to tell the story.

Coordination – The Aleit Group (www.thealeitgroup.com)
Photographer – Kyle Krige (www.kylephotography.co.za)

Catering    A few “yummy” snapshots   

CATERING FOR ALL YOUR NEEDS
From Canapés, food delivery, demonstrations, small or big house and office parties to big events – we do it all. Our aim is simple:
  • to enable our clients to relax while entertaining
  • to create something unique and specific to each clients needs – keep it personal
  • to use the best ingredients we can find to ensure the best tasting food

Contact Deon at deon@tamatiestraat.co.za or 076 864 9778 for your next event.

The “grapevine”

“Dankie vir als wat jy die naweek gedoen het. Dit was lekker om saam met jou en jou span te werk en ek sien uit om weer van julle dienste gebruik te maak.” – Liberty Life Doolhof Stage Race, 160 pax

“Net om weereens te se baie dankie vir julle uitstaande catering laas Saterdag. Die mense was mal oor die kos en het julle ‘unobtrusive’ maar uistekende diens baie gekomplimenteer.”
– Verjaarsdag-ete, 30 mense

“Beste awesomeste Tamatiestraat! Julle het die aand n reuse sukses gemaak! Almal het heerlik gesmul en dit was so lekker  dat ons kon ontspan en weet als is in goeie hande! Dankie vir julle vriendelikheid en dat ons, in n pragtige skoon kombuis kon instap vanoggend!”
– House warming, 50 pax

“Die kos was HEERLIK!!  Baie dankie!  En die slaai was uit die boonste rakke! Baie dankie vir jou moeite, waardeer dit.”
– Korporatiewe middagete, 15 pax

 

“A MASSIVE thank you for your contribution to Mr. xxx memorial service yesterday. The family is very thankful for everything.”

– Memorial Service, 300 pax

BOKASHI    “Laat jou vullis blom!” 

BOKASHI – LAAT JOU VULLIS BLOM!
Met hierdie “kompos” sisteem word alle kombuis-afval in dromme gegooi en met die Bokashi semels bestrooi. Hierdie “vullis” transformeer dan (reukloos!) in ‘n vrugtige kompos vir jou beddings. Die voordeel is meervoudig – jou huisdrom is ontslae van alle afval wat kan sleg ruik en jou beddings/tuin word totaal organies gevoed. Ek kan nie wag om die resultate te sien nie!

* Bokasji is semels wat met Effektiewe Mikrobes (EM) gefermenteer en dan gedroog word. EM is ’n gespesialiseerde mengsel goeie mikrobes wat die vorming van reuke onderdruk en kompostering dramaties bespoedig. Besoek www.bokashi.co.za vir jou naaste verskaffer. Lees ook meer by hier.

Kookklas-datums    September – Desember 2015

Die “kruie”groepe hieronder is die 5 maandelikse oggendklasse en 1 maandelikse aandklas waarvoor jou plek jaarliks bespreek word. Hierdie klasse is tans vol, maar ons is besig om ‘n lys op te stel van mense wat belangstel om in 2016 in te val. Sodra ons weer 12 mense bymekaar het om ‘n nuwe groep te begin, of plekke in bestaande groepe gaan oop, word jy ingedeel. “First come, first serve” so kliek HIER om jou naam op daardie lys te kry.


RESULTS   Blind Butter Tasting

This was a blind tasting conducted as part of the Cooking classes to “test those taste buds”. 80 people took part in the tasting and the results were really close and very interesting. One thing was unanimous though…we all LOVE butter! 

In die media    Stellenbosch VISIO

Always nice to be mentioned and extra special in this glossy new Magazine of Stellenbosch… 

Braaidag   Bygeregte by Braaivleis: (GRATIS!) Resepte

‘n Paar (gratis, pasella, verniet!) bygereg- én voorgereg-resepte op ons webblad. (Foto lusmakers hier onder!) Kliek sommer nou en print sodat jy dit byderhand het oor die volgende paar dae wanneer daar gebraai word! Lekker smul en post gerus ‘n foto of twee op ons Facebookblad, Tamatiestraat, van jou skepping! 

Dankie vir die saam kuier en lees…tot hier!

Hoop jy is geinspireer om mense oor te nooi, vir jou familie iets nuuts te maak of sommer net (weer!) saam met ons te kom kook en kuier. Vir ons bly dit ‘n reuse lekkerte om saam met jou in ons kombuis, of joune, te kuier en rondom geure en smake saam onvergeetlike “memories” te maak.

Onthou, as jy in Tamatiestraat is met nuwe “kos-idees” of ‘n funksie/kuier se spyseniering, kom klop aan by TAMATIESTRAAT!

Facebook
Facebook
Twitter
Twitter
Website
Website
Email
Email
Instagram
Instagram
Pinterest
Pinterest
Share
Tweet
Forward
Pin
Copyright © *|CURRENT_YEAR|* *|LIST:COMPANY|*, All rights reserved.
*|IFNOT:ARCHIVE_PAGE|* *|LIST:DESCRIPTION|*

Our mailing address is:
*|HTML:LIST_ADDRESS_HTML|* *|END:IF|*

unsubscribe from this list    update subscription preferences

*|IF:REWARDS|* *|HTML:REWARDS|* *|END:IF|*

 

Leave a reply

  • TAMATIESTRAAT
  • TAMATIESTRAAT
  • TAMATIESTRAAT
  • TAMATIESTRAAT

TAMATIESTRAAT | site by www.breadandbutterdesign.co.za
© 2018 Tamatiestraat | Photos © Tuis/Home – Francois Oberholzer | VISIO - Johan Wilke