By BBD2016 / News

Newsletter June/July 2015

07

November

Newsletter June/July 2015

 

Newsletter June 2015     |     Nuusbrief Junie 2015
Good food is a type of drug. It consumes you and once you taste the joy and fun of creating and sharing food, you can not imagine your life without it. Therefore we stand astounded and greatful that we can call this our “daily bread”, our jobs, our living. 
2015 was voorwaar ‘n warrelwind sover. Met nuwe uitdagings, heerlike nuwe kliente en kookklas-gesigte, caterings met “min toerusting” en baie mense (!) en fantastiese media blootstelling. Lees onderaan meer oor hierdie lekkertes!Bespreek ook vroegtydig en vooruit vir klasse hieronder geadverteer, of doen navraag oor ‘n privaatklas OF spyseniering vir jou verjaarsdag, jou sussie se kombuistee, jou man se kantoor se funksie of vir ‘n privaatklas vir jou tannie-se-oom-se-suster-se-kind. Ons doen alles.

Dankie, regtig baie dankie, vir ondersteuning, aanmoediging en meelewing met ons “journey”!

Deon & Reinée

ABSA Cape Epic Catering
Wat ‘n “EPIC” ervaring was dit nie om vir 10 dae te kon kook vir ABSA se 80 ondersteunings-personeel nie. Deon was is sy element en ons span het voor geen uitdaging geswig nie… van hier-en-daar ‘n kombuis met slegs ‘n mikrogolf, heen-en-weer tussen “sites”, rowwe weer met tente wat wegwaai en 3h00 tot 23h00 “shifts”. Dit was als die moeite werd en ons doen dit graag volgende jaar weer!
Sien Chief Tented Camps se website wat die kamptereine ingerig het. 
Mexican Cooking Classes – April 2015
Clockwise from top left: Wonton Poppers, Mexican poached eggs, Pulled Beef Brisket, “Messy date” Parmesan Corn, Mexican Street Salad, Fun fun fun, Reinée (moi) after a Leopard’s Leap Frozen Chardonnay Margaritha, Churros with Chilli Choc dipping.
KOOKKLAS: Cool Curries – Mei 2015
“Cool Curries” was ons tema vir die jaar se super gewilde Kerrieklasse. Ons het gesmul aan ‘n seleksie van kerries wat fokus op die beginsel dat kerries nie hoef te brand nie, maar meer gaan oor die “layering of flavours”. Lees meer daaroor en kry ons Korma Hoender resep, op die “blog post`” wat Leopard’s Leap gedoen het oor ons… (kliek hier)
Foto’s: Ilana Killian
TAMATIESTRAAT CATERING
Whether it is a breakfast, a house party, a corporate event or a picnic. Tamatiestraat Catering can offer you unique and exciting options to tantalise your taste buds, lessen your stress and heighten your enjoyment! Above pictures are some examples of finger foods, platters and more hearty meals. Contact Deon on 0768649778 or deon@tamatiestraat.co.za. We would love to cook up a storm for you!
MEDIA COVERAGE
TUIS  |  MAY 2015  |  HOME
Ons is so opgewonde oor ons Moedersdag spyskaart wat in die TUIS/HOME van Mei 2015 verskyn het. Dit was ‘n reuse voorreg om saam met Johané Neilson, kosredakteur,  te werk en die foto’s van Francois Oberholster het ons stoutste verwagtings ver oortref! Baie dankie vir die fantastiese blootstelling!
KOOKKLAS-DATUMS EN TEMAS
Die “kruie”groepe hieronder is vir ons maandelikse oggendklasse waarvoor jou plek jaarliks bespreek word. Hierdie klasse is tans vol, maar ons is besig om ‘n addisionele lys op te stel van mense wat belangstel. Sodra ons weer 12 mense bymekaar het, sal nog ‘n groep begin. Kliek dus HIER om jou naam op daardie lys (en ook die reserwe lys intussen te kry).

Die Maandelikse aandklasse word per klas bespreek en daar is weer beskikbaarheid vanaf 30 Julie se “Asian” klas. Bespreek so gou moontlik deur HIER te kliek.

Suzette McKerron is ‘n begaafde pottebakker van Stellenbosch wat vir ons hierdie pragtige borde gemaak het.

Kontak haar vir bestellings of potterbakkers-klasse by:
suzettemckerron@gmail.com
of
0823507372

Dankie vir die saam kuier en lees…tot hier! 😉
Ons sien uit om binnekort saam met jou te kook en kuier in die Tamatiestraat kombuis of elders. Tot dan!
Deon & Reinée

Facebook
Facebook

Twitter
Twitter

Website
Website

Email
Email

Instagram
Instagram

Pinterest
Pinterest

Share

Tweet

Forward

Copyright © *|CURRENT_YEAR|* *|LIST:COMPANY|*, All rights reserved.
*|IFNOT:ARCHIVE_PAGE|* *|LIST:DESCRIPTION|*Our mailing address is:
*|HTML:LIST_ADDRESS_HTML|* *|END:IF|*

unsubscribe from this list    update subscription preferences

*|IF:REWARDS|* *|HTML:REWARDS|* *|END:IF|*

 

Leave a reply

  • TAMATIESTRAAT
  • TAMATIESTRAAT
  • TAMATIESTRAAT
  • TAMATIESTRAAT

TAMATIESTRAAT | site by www.breadandbutterdesign.co.za
© 2018 Tamatiestraat | Photos © Tuis/Home – Francois Oberholzer | VISIO - Johan Wilke