Braai die uie in Olyfolie in ‘n groot pot op ‘n medium tot deurskynend .
Gooi skoongemaakte mossels in die pot en onmiddelik die 1 koppie Witwyn. Sit delsel op en laat vir 2 minute stoom.
Gooi nou Pesto en Room by en sit weer deksel op. Skud die pot sodat die sous kan deurmeng. Laat “kook” vir verdere 3-5 minute of tot mossels almal oop is (as daar net 1 of 2 is wat nie oopgegaan het nie, gooi hulle weg).
Geur met Sout en Peper en meng deur.
Gooi in opdienbak of sit sommer die pot netso op die tafel.
Gooi vars koljander bo-op en skep uit in sopbakkies.